Hoekom is Shikongo nie onder arres?

Reaksie word ontvang op die nuus dat die Otjozondjupa-polisie ‘n vermeende aanranding en roof van ‘n lid van die publiek deur polisielede op Otjiwarongo ondersoek. Die aktivis Michael Amushelelo het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy veroordeel die beweerde optrede van die polisiebeamptes, maar hulle kan nie in hegtenis geneem word nie as daar nog niks gedoen is oor die fatale botsing waarin die polisie-hoof, inspekteur-generaal Joseph Shikongo, betrokke was in Desember 2022 nie.

Amushelelo sê dat niemand verhewe is bo die wet nie en dit is absolute korrupsie.