Riana word eerste Namibiër wat op al 7 vastelande marathon voltooi

Namibiër Riana Scholtz het pas die eerste landsburger geword wat ‘n marathon op elkeen van die sewe vasteland voltooi het. Sy en haar man Nico, en haar twee seuns is tans op pad terug na Argentinië nadat sy die Antarktiese Ysmarathon oor net meer as 41 kilometer afgelê het. Dit was die 17de uitgawe van die marathon met 61 deelnemers van 20 lande. Scholtz het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.

Sy sê die feit dat haar man en haar twee kinders haar elke keer vergesel, beteken dat haar fokus altyd eers op haar twee seuns is – eerder as die wedloop. Dit was darem altemit ‘n ver ent om te reis.