Mississipi kry federale bystand

Die Amerikaanse President Joe Biden het gelas dat federale bystand verleen word aan gebiede in Mississippi en Alabama wat Vrydagaand deur ‘n vernietigende tornado getref is. Minstens 26 mense, insluitend ‘n baba en haar pa, het omgekom. ’n Noodtoestand is gister in Mississippi afgekondig. Die Withuis sê die federale hulp kan gebruik word vir herstelwerk, tydelike behuising, lenings wat onversekerde eiendomsverliese dek, en ander individuele en sakeprogramme.