Rhoode sê Geingob het heli gestuur om hom by grens te haal

Die voormalige hoof van President Cyril Ramaphosa se sekuriteit, Wally Rhoode, het in sy antwoord aan vrae van die openbare beskermer Busisiwe Mkhwebane, gesê President Hage Geingob het Ramaphosa wel bygestaan na die rooftog op sy Limpopo-plaas. Rhoode sê dat hy na “niemandsland”, tussen die Namibiese en Suid-Afrikaanse grens, vertrek het om in opdrag van Ramaphosa met senior lede van die Namibiese polisiemag te vergader. IOL in die buurland berig dat die vergadering het gekom dae nadat die Namibiese polisie een van die vermeende rowers, Erkki Shikongo, in Windhoek in hegtenis geneem het. Rhoode sê hy is vergesel deur Ramaphosa se raadgewer, Bejani Chauke. Geingob het volgens Rhoode ‘n helikopter gestuur om die twee by die grens te gaan haal en hulle na staatshuis geneem het waar hulle oornag het. Daar is glo meer vergaderings by die staatshuis gehou tussen Rhoode, Chauke en senior Namibiese offisiere, insluitend Geingob self. Die Namibiese Presidensie het onlangs ontken dat Geingob enigsins Ramaphosa bygestaan het.