Rhino wil ook langs Shell tien putte boor
Rhino Resources, gestel in Suid-Afrika en ook aktief in Senegal, het die omgewingskonsultant SLR aangestel om sy omgewings- en maatskaplike-impak studie uit te voer vir sy boorwerk, aflandig in die verre suide. Rhino is reeds meer as tien jaar bedrywig in Namibië en het 75 persent aandeel in blok 2914A, net langs Shell se beduidende olievonds en onder Kudu Gas. Seismiese opnames is reeds voltooi met belowende uitslae. Die maatskappy wil nou twee putte boor om te bepaal watter bronne teenwoordig is maar het aansoek gedoen vir tien. Openbare vergaderings sal volgende week die 14de op Lüderitz gehou word en op die 15de op Keetmanshoop. Belanghebbendes word aangemoedig om te registreer.