RGN: SA kiesers meen verkiesing was vry en regverdig

Die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing se peiling oor verkiesingstevredenheid dui aan geregistreerde kiesers het die verkiesing vry en regverdig gevind. Volgens die waarnemende groepbestuurder van gedeelde dienste by die RGN, Narnia Bohler-Muller, is 300 stemlokale regoor provinsies gekies vir die opname en daar is onderhoude gevoer met 50 mense by elke lokaal. Altesaam 12 000 mense het die opname voltooi.