RG Snyman moet operasie kry
Rugby: Die verdedigende kampioen van die Verenigde Rugbykampioenskap, Munster, is onseker oor wanneer die Springbok-ster, RG Snyman, na Ierland kan terugkeer nadat dit bevestig is hy moet ‘n operasie ondergaan vir ʼn bors- en skouerbesering. Die 28-jarige bly in Suid-Afrika vir die operasie. Die besering beteken Snyman is nie beskikbaar vir Munster se wedstryd Vrydag teen Ulster nie, asook nie vir volgende naweek se wedstryd teen die Stormers in Limerick nie.