RFA kry 20 sent verhoging in heffing, nie N$1 soos versoek

Die myne en energie-ministerie het ‘n verhoging van 20 sent per liter in die Padfondsadministrasie-heffing goedgekeur, effektief vanaf vandag. Die aanpassing verhoog die heffing van 1 Namibiese dollar 78 sent per liter tot 1 dollar 98 sent per liter, wat deel van die brandstofprys uitmaak. Dit is egter minder as die 1 dollar verhoging wat die RFA voorgestel het om ’n finansieringsgaping van 3,6 miljard dollar in die volgende boekjaar aan te pak. ’n Studie deur die administrasie dui aan dat die brandstofheffing teen 2026 twee dollar 98 sent per liter moet bereik om die land se padnetwerk voldoende te kan onderhou.