Reuse-tekort aan gesondheidswerkers word verwag

Die direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê hulle skat volgens huidige tendense sal die wêreld teen 2030 ‘n tekort ondervind van 10 miljoen gesondheids- en versorgingswerkers. Hy het die aanmerkings gemaak na aanleiding van Wêreldgesondheidsdag wat Vrydag herdenk is. Die ernstigste tekorte sal in die armste lande voorkom. Hy sê die Covid-19-pandemie het die wêreld herinner aan die geweldige waarde van gesondheids-werkers en versorgers. Hy het ook onthul ‘n geskatte 50 persent van gesondheidswerkers en -versorgers het uitbranding ervaar tydens die pandemie: