Reuse-skade van N$1,5 miljoen aan Omburu-Khan-kraglyn 

NamPower het bevestig ‘n geskatte 1,5 miljoen Namibiese dollar se skade is aangerig deur vermeende vandalisme toe die Omburu-Khan-kraglyn Donderdagmiddag naby Omaruru verbreek is toe toring nommer 282 ineengestort het. Volgens voorlopige ondersoeke is ondersteunende staafdrade skynbaar verwyder. Die ineenstorting van die toring het ook ‘n veldbrand veroorsaak wat gou onder beheer gebring is. Niemand is volgens NamPower beseer tydens die voorval nie.