Reuse-pandas nie meer bedreigde spesies

Reuse-pandas is nie meer ‘n bedreigde spesies nie ná hul getalle tot 1 800 toegeneem het, maar hulle is steeds kwesbaar, sê Chinese owerhede. Die Internasionale Bewaringsunie het die pandas ‘n jaar gelede van sy lys van bedreigde spesies verwyder.