Reuse-openingswedstryd in Sesnasies tussen Frankryk en Ierland

Rugby: Die Sesnasiesreeks begin môreaand in Marseille met ʼn reuse-wedstryd tussen Frankryk en Ierland. Die verdedigende kampioen, Ierland, het verlede seisoen die Grand Slam ingepalm en begin met ‘n nuwe hoofstuk na die uittrede van die losskakel en kaptein, Johnny Sexton. Jack Crowley is nou op nommer tien, met Peter O’Mahoney aangewys as nuwe kaptein. Afrigter Andy Farrell sê hulle is opgewonde oor die wedstryd.