Reuse-dwelmfonds in Gauteng

Vier verdagtes is in hegtenis geneem nadat hulle in Johannesburg met ‘n groot besending dwelms in hul besit betrap is. ‘n Woordvoerder van die polisie, Dimakatso Nevhuhulwi, sê ‘n span bestaande uit onder andere amptenare van die blitspatrollie, hoofwegpatrollie en doeane het inligting opgevolg oor ‘n vragmotor met chemikalieë wat vir die vervaardiging van dwelms gebruik word. Die vragmotor was van die houerterminaal by City Deep onderweg na Midrand: