Reuse-agterstand in behuising in Namibië
Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap woon na verwagting 67 persent van die Namibiese bevolking in stedelike gebiede. Daar word ook beraam dat ongeveer een derde van die bevolking in die streke van Khomas en Erongo alleen woon. Volgens Simonis Storm het dit implikasies op behuisingsbehoeftes en -pryse in die twee streke. Die groei in verstedeliking het die aanbod van formele behuising en bykomende informele nedersettings oortref. Volgens die Shack Dwellers Federation of Namibia het 40 persent van Namibië se bevolking en 80 persent van die stedelike bevolking teen die middel van 2022 in plakkershutte gewoon. Die Wêreldbank skat ‘n behuisings-agterstand van 300 000 eenhede, met Windhoek alleen wat ‘n agterstand van 84 000 eenhede het. Sommige bedryfskenners is van mening dat die agterstand so groot as 500 000 eenhede is. Kosmos 94.1 Nuus het met Hillie Petrus, hoof-agent by Peuyoshinge Properties, gesels oor die stygende huispryse in Khomas en Erongo-streek…