Resies om Premierliga te lei word warm

Sokker: Liverpool en Arsenal spook sake uit om vir Kersfees die eerste plek te beklee wanneer hulle vandag kragte meet. Albei het ʼn gulde geleentheid om ʼn betekenisvolle voorsprong op te bou teenoor die afwesige kampioene, Manchester City. Indien daar geen wenner op Anfield is nie, sal die span in die derde plek, Aston Villa, vir die eerste keer sedert 1999 bo-aan die punteleer wees, indien hulle hul fenomenale vorm op hulle tuisveld voortsit teen Sheffield United, wat heel laaste is. In die Premierliga-program oor die feestyd reis Manchester United na West Ham, en Everton, wat in topvorm is, besoek Tottenham, wat in die vyfde plek is.