Reserwebank slaan hard met rentekoersverhoging

Die Reserwebank het vandag hard geslaan met ‘n rentekoersverhoging van 50 basispunte. Dit bring die repokoers, waarteen die Reserwebank geld aan banke leen, op 4,75 persent te staan en die prima rentekoers van banke op 8,25 persent. Dit word toegeskryf aan inflasie en verwagtinge vir inflasie oor die volgende jaar wat nou baie hoër is as die 4,5 persent, die middelpunt van die Reserwebank se teikenband van 3 persent tot 6 persent. Inflasie was in April 5,9 persent.