Repokoers: So lyk jou huispaaiement nou

Die repokoers wat Woensdag deur die sentrale bank met 75  basispunte verhoog is, is steeds in die nuus. Dit is die twee agtereenvolgende verhoging en  bring die bank terugkoopkoers op 6,5 persent te staan en prima op 10 persent. Simonis Storm se jongste ontleding toon dat ‘n huislening-paaiement van 1 miljoen dollar met net meer as 500 dollar sal styg terwyl ‘n lening van 1,5 miljoen dollar se betaling met net meer as 750 dollar sal styg. ‘n Lening van 3 miljoen dollar se paaiement sal nou 1 500 dollar duurder wees. Die makelaarsfirma het ook voorspel dat daar moontlik nog ‘n koersverhoging sal wees wanneer die Bank van Namibië die laaste aankondiging vir die jaar op 30 November sal maak.