Repokoers sal moontlik met 50 basispunte styg

Die Bank van Namibië se monetêre beleidskomitee het reeds vergader en die bank se goewerneur Johannes !Gawaxab sal om 11-uur vanoggend die jongste terugkoopkoers bekend maak. Ekonome het reeds voorspel dat daar geen verligting vir verbruikers met skuld sal wees nie omdat hulle glo die koers sal met 50 basispunte verhoog word. Robert McGregor van Cirrus het dit vroeër so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.