Repokoers sak dalk eers einde 2024

Die monetêre beleidskomitee, wat Dinsdag sy laaste vergadering van die jaar gehad het, het vanoggend die repokoers onveranderd gelaat op 7,75 persent. Die prima uitleenkoers het ook onveranderd gebly op 11.5 persent. Simonis Storm voorspel in ‘n verslag dat Namibië waarskynlik eers in die laaste helfte van 2024 ‘n laer koers sal implementeer. Dit sal na verwagting ‘n beskeie afname van 25 basispunte wees, wat ooreenstem met hul voorspellings van ‘n geleidelik stabiliserende ekonomiese omgewing.