Repatriasie van Namibiërs uit Botswana duur voort

Die Namibiese kabinet het die verlenging van die repatriasieprojek van persone van Namibiese oorsprong vanaf Botswana vir ‘n verdere drie jaar tot die 2025/2026 finansiële jaar goedgekeur. Die kabinet het die inter-ministeriële komitee vir die repatriasie van Namibiërs bekragtig om met dieselfde mandaat as die voorgestelde gesamentlike kommissie vir die tydperk te dien. Wat die bykomende befondsings-vereistes betref, het die kabinet die Namibiese landbou-ministerie opdrag gegee om die projek se verlening deur die normale begrotingsproses te befonds.