Rentekoerse sal van hier af met minder opgestoot word – ekonoom

Die verhoging van die Suid-Afrikaanse repokoers met 25 basispunte tot 7,25 persent, was kleiner as die verhoging van 50 basispunte wat deur die meerderheid ekonome verwag is ná drie verhogings van 75 basispunte agtereenvolgens. Die besluit dui daarop dat Suid-Afrika die hoogtepunt in rentekoerse bereik het, en dat daar in die ergste geval nog ‘n verhoging van 25 basispunte oor is. Kosmos 94.1 Nuus het met Arney Tjaronda, aandele-navorser van High Economic Intelligence gepraat oor of die siklus van herhaalde verhogings tot ‘n einde kom… en die nuus blyk om goed toe wees, na 15 Februarie wanneer die Bank van Namibië sy aankondiging doen.