Cyril gesels oor stemwerwing met ANC-lede

Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê hoewel geen party nog sy veldtog amptelik afgeskop het nie, is stemwerwing vir die 2024-verkiesing flink aan die gang, en mense moet sonder vertraging ‘n verkiesings-houding inneem. Ramaphosa het die ANC se nasionale uitvoerende komitee-lekgotla by die Esselenpark-konferensiesentrum in Gauteng geopen. Hy sê hoe die party nou optree, moet ‘n duidelike boodskap aan kiesers stuur dat die ANC ál die nodige stappe doen om die uitdagings te hanteer wat hom konfronteer, veral werkloosheid, die stygende lewenskoste, misdaad en onbestendigheid, asook swak dienslewering: