Rentekoerse en die eiendomsmark: So lyk dinge plaaslik

Plaaslike reaksie word ontvang op berigte uit Suid-Afrika dat verhogings in die rentekoers tot ʼn afname in eiendomsverkope gelei het. Die koers is met nog 50 basispunte verhoog. Daar is ʼn daling van nagenoeg 10 persent in die oordrag van eiendomme aangeteken met ʼn afname in internetnavrae en ʼn soektog na eiendom. Kosmos 94.1 Nuus het met Hillie Petrus, hoofagent by Peuyoshinge Properties in die hoofstad gesels oor die stand van sake in Namibië.