Renosterstroper 52 jaar tronk toe gestuur

SANParke het die streekhof in Skukuza in Mpumalanga se vonnis van 52 jaar tronkstraf vir ‘n renosterstroper geprys. Sipho en Simon Khoza is in 2016 in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem in besit van stropery-toerusting. Hulle is aangekla en borgtog toegestaan. SANParke se woordvoerder, Isaac Phaahla, sĂȘ een van die verdagtes het daarna gevlug en is steeds op vrye voet.