Renostersindikaat-baas en makker verskyn weer vandag

Die twee mans wat in hegtenis geneem is vir die onwettige besit en verkoop van renosterhorings in Mpumalanga, verskyn vandag in die Mbombela-landdroshof om vir borgtog aansoek te doen. Die Valke het gister die 48-jarige eienaar van ‘n safari-onderneming, Schalk Steyn, en ‘n wildboer van Limpopo, Dawid Groenewald, in hegtenis geneem terwyl hulle glo 19 renosterhorings vervoer het. Groenewald het in 2010 vir die eerste keer in die hof verskyn nadat hy geïdentifiseer is as die baasbrein agter een van Sud-Afrika se grootste renosterstroping-sindikate. Hy het vervolging sover vrygespring weens slim regstaktiek.