Renosters word vandag gevier

Wêreldrenosterdag word vandag gevier om die bestaan van dié bedreigde spesie te herdenk. Namibië is die enigste land waar vrylopende swartrenosters nog voorkom. Die aantal witrenosters het in die laaste dekade met 12 persent gedaal met 18 000 witrenosters in Afrika oor. Namibia Nature Foundation gaan vandag saam met ander bewaringsvennote die dag ter ere van renosters op Khorixas herdenk. Clemens Noamab, die stigting se projekkoördineerder in die Kunene- en Erongo-streek, sê aan Kosmos 94.1 Nuus renosterstropery het afgeneem.