Renoster-wesie word versorg

Care for Wild in Mpumalanga werk onverpoosd om ‘n wees witrenoster-kalf te red. Volgens ‘n woordvoerder van SANParke, Isaac Phaahla, is die kalf glo wees gelaat na ‘n onlangse stropingsvoorval. Hy sê die kalf is ‘n maand gelede in die Manyeleti-natuurreservaat gekry en veldwagters het aanvanklik gehoop ‘n ander renosterkoei sal die kalf aanneem. Hulle pogings was egter onsuksesvol. Phaahla sê die kalf is nou in goeie hande: