Renoster en sebra wesies vorm hegte vriendskap

‘n Baie siek renosterkalfie van vyf weke oud by ‘n renosterweeshuis in Mpumalanga het vriende gemaak met ‘n jong sebra-vulletjie wat ook ongesteld is. Die weeshuis se stigter, Petronel Nieuwoudt, sê hulle is in dieselfde kamp by die waakeenheid van die weeshuis se renoster-hospitaal en hulle soek troos by mekaar. Die weeshuis se personeel het die swak, week-oue sebra-vulletjie na swaar reën gered. Die renosterkalfie is gered nadat stropers sy ma doodgemaak en hom aan sy eie lot oorgelaat het.