Rémy wen gesogte prys 

Die bekroonde Namibiese skrywer Rémy Ngamije het die eerste Afrika Literêre Toekenning van die Museum of die Afrika Diaspora gewen. Ngamije is vir hierdie toekenning genomineer vir sy debuut-roman The Eternal Audience Of One, asook vir sy voortgesette werk met Doek en Namibiese letterkunde. Die kortlys-werke is gekies uit boeke deur 32 skrywers wie se werk deur die museum se maandelikse Afrika Boekklub gelees is. ‘n Virtuele toekenningseremonie sal op 25 September plaasvind. Ngamije deel sy opwinding met Kosmos 94.1 Nuus.