Remington betaal US$73m vir gebruik van sy wapen by skoolskietery

Die families van nege van die 27 slagoffers van die Sandy Hook-skoolskietery in Connecticut in die VSA in 2012, het geskik met die vervaardiger van die AR-15 semi-outomatiese geweer, Remington. Die wapen is in die voorval, waarin 20 kinders tussen die ouderdom van ses en sewe, en ses onderwysers dood is. Remington het ingestem om 73 miljoen Amerikaanse dollar aan die families te betaal. Die families sê op hulle beurt, dit het nooit gegaan om skadevergoeding nie maar eerder om verandering te bring want maatskappye voel ‘n betaling uit hul sak uit. Die kern van die saak het om die bemarking van die wapen gedraai. Daar is bewys dat Remington jong, hoë-risiko mans geteiken het en in een advertensie is die slagspreuk, ‘Consider Your Man Card Reissued’ gebruik. Die 20-jarige Adam Lanza het op die kinders losgebars nadat hy sy ma by die huis doodgeskiet het op 14 Desember 2012. Hy het homself daarna met ‘n pistool geskiet.