Zuma se aansoek op te appelleer, geweier

Die Hooggeregshof in Pietermaritzburg het oudpresident Jacob Zuma se aansoek om verlof tot appèl teen die teenwoordigheid van die hoof-aanklaer in sy korrupsiesaak van die hand gewys. Hy gaan nou probeer om in die Appèlhof te appelleer. Zuma se regspan het betoog advokaat Billy Downer en die hele Nasionale Vervolgingsgesag het nie die mag om hom te vervolg nie. Zuma en die Franse wapenvervaardiger Thales word van 11 April af verhoor. Regter Piet Koen het in sy uitspraak gesê Downer se onttrekking sal nie in die belang van regspleging wees nie: