Rekordgetal omgewingsaktiviste in 2020 vermoor

Die omgewingsgroep Global Witness sê ‘n rekordgetal aktiviste wat die omgewing en grondregte beskerm, is verlede jaar vermoor. ‘n Verslag het bevind 227 mense is in 2020 dood. Byna een derde van die moorde hou na bewering verband met die uitbuiting van hulpbronne, soos houtkappery, mynbou, grootskaalse boerderye en hidro-elektriese damme.