Rekord-oeste in buurland, landbou presteer baie goed

Ondanks uitdagings van die Covid-pandemie en inperkings, het Suid-Afrika ‘n uitstekende landbouseisoen in die eerste en tweede kwartale gehad met rekord-oeste wat aangeteken is. Die goeie reënseisoen het ook tot die goeie seisoen bygedra. Oeste van graan en oliesade het tot oeste van 17,07 miljoen ton gelei wat twee persent hoër is jaar-op-jaar. Ondanks logistieke uitdagings, het die sektor daarin geslaag om groot hoeveelhede produkte na die res van die wêreld te verskuif, met ‘n handelsoorskot van 1,5 miljoen Amerikaanse dollar in die tweede kwartaal van 2021, wat 40 persent meer is dieselfde tydperk in 2020 is. Die buurland se landbou-ekonoom, Paul Makube, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.