Rekord-beleggings, maar waar’s die werk?

Namibië het gedurende die eerste helfte van die jaar ‘n oplewing in direkte buitelandse beleggings aangeteken en ‘n rekord van 19 miljard Namibiese dollar bereik. Dit word aangedryf deur hoofsaaklik olie- en gasbeleggings en die verkryging van Namibia Breweries deur Heineken. Maar, dit sal nie werkloosheid aanspreek nie. Volgens die Cirrus-ekonoom, Robert McGregor, is werkloosheid nie oplosbaar met die tipe beleggings nie.