Reisverbod teiken nie Indië as land nie – Ardern

Die Premier van Nieu-Seeland, Jacinda Ardern, sê die tydelike reisverbod na Indië teiken die land nie spesifiek nie, maar sal beamptes in staat te stel om die verlaging van die risiko van Covid-19 te ondersoek. Meer as 60 reisigers wat Nieu-Seeland die afgelope twee weke vanaf Indië binnegekom het, het positief vir die korona-virus getoets. Die tydelike reisverbod geld van Sondag af vir twee weke. Ardern sê ondersoek sal ook ingestel word na die gehalte van toetsing voor vertrek uit Indië: