Reisigers mag Namibië per lug of per pad inkom

Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het die land toegespreek oor die nuwe Covid-regulasies. Daar heers veral verwarring in die Namibiese toerismesektor. Shangula het gesê reisigers mag Namibië per lug of per pad inkom. Hy sê toeriste met vooraf bespreekte reisplanne kan na hul bestemmings voortreis.