Reis SA toe? Kry maar jou PCR-toets

Die adjunk-uitvoerende direkteur van die gesondheidsministerie, Petronella Masabane het bevestig dat Panabios, wat die operateur is van die digitale stelsel vir Covid-inentings, ‘n fout daarop moet regstel wat teen Woensdag voltooi sal wees. Dus moet Namibiërs ‘n PCR-toets hê om Suid-Afrika binne te gaan omdat die buurland QR-kodes vereis op inentingsertifikate. Dit is as gevolg van korrupsie. Namibië se sogenaamde inentingskaarte is nie geldig vir toegang tot die buurland nie. Gesondheidsowerhede sal dan, nadat Panabios die fout reggestel het, die inentings op die stelsel laai.