Rehoboth se Junius reageer op Vrydag se Copps-aksie

Rehoboth se eerste burger Enrico Junius en raadslid Mara Beukes was Vrydagaand persoonlik betrokke by pogings om misdaad in die dorp te begin bekamp. Polisie klopjagte is uitgevoer onder begeleiding van ‘n hoë polisie afvaardiging wat ingesluit het kommissaris Nel en Rehoboth se polisie hoof, hoofinspekteur Eiseb. Kosmos 94.1 se Copps 94.1 span was ook betrokke in die klopjag wat tot na middernag geduur het. Junius het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.