Rehoboth se binnegevegte begin weer

Uitdagings by die Rehoboth Dorpsraad verdiep met twee Swapo raadslede, Mara Beukes en Jacky Khariseb wat hulle ondersteuning vir die Hoof Uitvoerende Beampte Simeon Kanime uitgespreek het. Binnegevegte blyk om weer kop uit te steek met die Burgemeester Rudi van Wyk wat wil hê Kanime moet ondersoek vir vir verskeie ongerymdhede. Die twee beskuldig Van Wyk daarvan dat hy eenvoudig ontslae van Kanime wil raak sodat iemand anders sy pos kan kry. Die dorpsraad het onder die vorige leierskap ook talle binnegevegte gehad wat volgens kenners ‘n negatiewe impak op dienslewering gehad het.