Rehoboth en Chinese myn is haaks

Plaaslike media berig dat die Rehoboth dorpsraad die Chinese mynmaatskappy Africa Huaxia Mining gevra het om die perseel te verlaat as hy nie die uitstaande 10 miljoen Namibiese dollar in uitstaande elektrisiteit rekenings betaal nie. Volgens die raad se hoof uitvoerende beampte Simeon Kanime skuld die maatskappy hulle 15 miljoen dollar wat huur van die grond insluit. Blykbaar moes die mynmaatskappy maandeliks huur betaal maar, geen formele kontrak is in die verband onderteken nie. Die maandelikse betaling van 20 000 dollar is blykbaar sedert September 2011 uitstaande. ‘n Verteenwoordiger van die maatskappy Maggie Ming het aan media gesê hulle het die uitsettingsbevel van die dorpsraad ontvang maar dat hulle positief is dat die saak opgelos sal word.