Rehoboth-dorpsraad se skuld hoop net op

Die Rehoboth-dorpsraad skuld NamPower 190 million Namibiese dollar en NamWater 14 miljoen dollar, terwyl inwoners se waterskuld van 200 miljoen dollar aan die raad uitstaande bly. Dit het aan die lig gekom nadat inwoners hul kommer uitgespreek het oor veral die skuld aan NamPower. Die raad se waarnemende hoof uitvoerende beampte, Ronald Windswaai, sê 95% van die inwoners gebruik voorafbetaalde elektrisiteit, en die raad bestee noodwendig sowat 6,5 miljoen dollar per maand aan die aankoop daarvan by NamPower. NamPower word aktief betrek om ‘n lewensvatbare terugbetalingsplan te beding, volgens Windswaai.