Rehoboth-burgemeester in hospitaal opgeneem met brandwonde

‘n Veldbrand woed suid van Rehoboth in die rigting van Kalkrand. Die brand het glo na albei kante van die pad gespring en hulp word dringend benodig om die brand te help bestry. Volgens brandweerman Dirkie Cloete, is die burgemeester van Rehoboth, Enrico Junias, en twee van sy seuns is per ambulans Windhoek toe gehaas met baie ernstige brandwonde.