Rehoboth-brand: Water en bystand nodig

Dit brand weer net suid van Rehoboth met verskeie gebiede wat vlam gevat het. Daar is reeds ‘n beraamde 20 000 hektaar weiding onlangs verloor. Die gebied is nog nie onder beheer nie en daar is ook tekorte aan water, soos Sean Naude van die Namibia Marshal Rangers verduidelik.