Rehoboth-boere kla oor veediefstal

Boere in en om Rehoboth het met Generaal-Majoor Joseph Shikongo ontmoet. Shikongo, wat tans in beheer is van operasies, het vroeër ook met boere oos van die hoofstad ontmoet. In Rehoboth sê boere dat hulle nie genoegsame bystand ontvang in verband met veediefstal nie en sommige boere sê hulle maak oor en oor melding van dieselfde probleem en dit word nie aangespreek nie. Ander het ook gekla oor borg wat aan veediewe toegestaan word en dat hulle terugkeer en weer vee steel. Hulle het ook die lae borg bevraagteken. Shikongo het gesê hy sal met lede van die mag in die gebied vergader en oplossings bespreek.