Regter sê Georgia-ondersoek kan voortduur

‘n Regter het die voormalige Amerikaanse President Donald Trump se pogings verwerp om die strafregtelike ondersoek teen hom te staak, wat verband hou met sy pogings  om die uitslag van die 2020 verkiesing in Georgia om te keer. Regter Robert McBurney het ook die argumente van Trump se regsverteenwoordigers verwerp dat die distriksaanklaer, Fani Willis, gediskwalifiseer moet word om die strafregtelike ondersoek te lei. Willis se jarelange ondersoek sluit in bewerings van verkiesingsbedrog, die aflegging van vals verklarings, sameswering, rampokkery, die skending van ‘n ampseed, en betrokkenheid by verkiesingsverwante dreigemente.