Regter sê daar moet opvoeding oor geslaggeweld, LGBTQ-gemeenskappe wees

In die buurland sê Regter Fayeeza Kathree-Setiloane daar moet opvoeding wees oor geslagsgeweld en LGBTQ-gemeenskappe, want dit is die enigste manier waarop hierdie gemeenskappe ten volle aanvaar sal word. Die regterlike dienskommissie voer weer onderhoude met kandidate vir twee vakatures in die Konstitusionele Hof. Dieselfde onderhoude is in April gedoen, maar die kommissie is hof toe geneem weens die gebrekkige proses. Kathree-Setiloane sê alle belanghebbendes, insluitend die howe, moet saamwerk teen geslagsgeweld en geweld teen LGBTQ-gemeenskappe.