Regter-president van die Wes-Kaap skuldig aan ernstige wangedrag

Die Suid-Afrikaanse Regterlike Dienste-kommissie het die Wes-Kaapse Regter-president, John Hlophe, aan ernstige wangedrag skuldig bevind. Die kommissie se Regterlike Gedrags-tribunaal het bevind dat hy die bepalings van Artikel 125 van die Grondwet oortree het deur onbehoorlik te probeer om twee regters van die Konstitusionele Hof te beïnvloed om hulle ampseed te verontagsaam. Hlophe het volgens berigte probeer om regters Chris Jafta en Bess Nkanda te oorreed om te beslis ten gunste van die destydse president van die ANC, Jacob Zuma, en die Franse wapenvervaardiger Thales, voorheen Thint. Die kommissie gaan nou die tribunaal se verslag en sy reaksie daarop oorweeg.