Regter Koen sal vanmiddag sê oor of hy onttrek of nie

Regter Piet Koen sal die Pietermaritzburgse Hooggeregshof na verwagting vandag inlig oor sy besluit of hy aan oudpresident Jacob Zuma se korrupsiesaak oor die wapenskandaal gaan onttrek.  Hy het in Oktober verlede jaar albei regspanne gevra om voorleggings in te dien of hy volgens hulle mening aan die saak moet onttrek. Koen het as rede aangevoer hy het skerp menings uitgespreek toe hy Zuma se aansoek dat staatsaanklaer Billy Downer van die saak verwyder word, van die hand gewys het.