Regsverteenwoordiger dronk in hof

Die Hooggeregshof in Polokwane, Limpopo, het beveel dat ‘n verhoor oor begin nadat ‘n beskuldigde se regsverteenwoordiger erken het dat sy dronk in die hof was. Die prokureur, slegs bekend as Me Maloko, het haar kliënt in Desember tydens ‘n bedrogsaak in die Landdroshof verteenwoordig. Sy het ook erken dat sy slegs ‘n aktebesorger is en nie ‘n strafprokureur nie. Volgens Suid-Afrikaanse berigte het ‘n regter in die Hooggeregshof, Francis Kganyago, bevind die beskuldigde is nie behoorlik verteenwoordig nie en die Raad vir Regspraktisyns moet Maloko se gedrag ondersoek.