Regshulpsentrum sê Yona-appèl is goeie ding

Die nuus dat die binnelandse ministerie regter Thomas Masuku se uitspraak dat die seun van Phillip Lühl en Guillermo Delgado, Yona, Namibiese burgerskap mag kry, gaan appelleer, het groot kritiek uit verskeie oorde gelok. Talle meen die regering se regslui moet eerder misdadigers vervolg as om te baklei oor ‘n vier-jarige seuntjie se paspoort. Toni Hancox, direkteur by die Regshulpsentrum, sê sy stem net tot ‘n mate saam met daardie stelling.